Mbappe sal nie PSG-kontrak verleng nie

Die Franse voorspeler Kylian Mbappe het Paris St-Germain in kennis gestel dat hy nie die proses aan die gang gaan sit om sy huidige kontrak met een jaar te laat verleng tot 2025 nie. Die 24-jarige  speler se huidige kontrak verstryk aan die einde van volgende seisoen. PSG het volgens berigte al voorbereidings getref om hom nou te verkoop, in plaas daarvan om hom oor ‘n jaar verniet te laat gaan. Monaco het Mbappe in 2017 aan PSG geleen voordat hy permanent daarheen verskuif het. Hy het in 260 wedstryde vir die klub 212 doele aangeteken.