Max, die enjin en die wegspringplek

Die Formule Een Red Bull-span oorweeg ‘n nuwe enjin vir Max Verstappen se renmotor voor volgende naweek se Russiese Grand Prix. Hy is reeds met drie wegspringplekke gestraf ná sy botsing met Lewis Hamilton van Mercedes by die Italiaanse Grand Prix. Renjaers word toegelaat om hulle enjins drie keer te vervang voor hulle met tien wegspringplekke gestraf word. Met Verstappen wat reeds drie plekke verder terug by die Russiese Grand Prix in Sochi moet wegspring, oorweeg die Red Bull-span nou hulle opsies vir ‘n nog strafmaatreël.