Maui sleep Hawaiian Electric hof toe vir nalatigheid

Die Maui-distrik in Hawaii het ‘n regsgeding oor nalatigheid teen die energiemaatskappy, Hawaiian Electric, aanhangig gemaak, ná die dodelike veldbrande in Lahaina. Altesaam 115 mense is dood en meer as ‘n 1 000 word steeds vermis. Volgens die regsklag was die maatskappy nalatig deur nie die kraglyne af te skakel nie ten spyte van sterk winde en droë toestande. Hy voeg by indien die kraglyne afgeskakel was, kon die verwoesting vermy word. Die distrik eis skadevergoeding. Hawaiian Electric sê hy is teleurgesteld oor die regsgeding aangesien ‘n ondersoek steeds aan die gang is.