Matrasse, stoele, lessenaars ten duurste aangekoop

Die onderwysministerie het sy besluit verdedig om matrasse vir koshuise wat ’n gemiddeld van 2 200 Namibiese dollar elk kos, aan te koop. ’n Skool in Kavango-Wes het op sy beurt stoele vir ’n gemiddeld van 1 200 dollar per stoel ontvang, terwyl die lessenaars 1 500 dollar elk kos. Die herrie het losgebars nadat Job Amupanda die dokumente gedeel het. Daarin is getoon dat daar kwotasies was van ander verskaffers vir 450 dollar ‘n stoel en 743 dollar ‘n lessenaar. Intussen het plaaslike media ook berig dat die Swapo-jeugliga sy misnoeë oor die vermorsing uitgespreek het en sê dis is nie net onaanvaarbaar nie maar ook oneties.