Maties-rektor weer van nepotisme aangekla

Die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villers, het die plasing van ‘n tweede familielid by die universiteit goedgekeur. Dit het verlede week aan die lig gekom dat hy sy diskresionêre regte gebruik het om plek vir sy vrou se neef te bekom. Dit blyk nou hy het ‘n tweede familielid geplaas sonder om die raad daaroor in te lig. Die universiteitsraad se waarnemende voorsitter, Nicky Newton-King, sê die instelling het ‘n nepotismebeleid en die rektor het verstaan dit is van toepassing op die plasing van personeel en verkrygingsake en nie toelatings nie.