NHS in Brittanje het nie ‘n mediese diens nie, dis ‘n waglys-diens

Dokters in die Verenigde Koninkryk staak. Meer as 47 600 dokters het nie aangemeld vir werk nie en meer as 350 000 afsprake kan as gevolg hiervan gekanselleer word. Dr. Sumi Manirajan van die Britse Mediese-vereniging sê daar is 7,2 miljoen mense op die waglys, meer as wat in Skotland woonagtig is.