Maties maak geskiedenis

Twee nagraadse studente van die Universiteit Stellenbosch het geskiedenis gemaak deur deel te wees van die heel eerste Suid-Afrikaanse span om die Franse interuniversitêre debat-stryd te wen wat deur die Agence Universitaire de la Francophone aangebied is. Die drie lede van die span het hulle teenstanders van die Universiteit van Paris II Pantheon-Assas in Mauritius geklop wat in geheel bestaan het uit moedertaalsprekers. Willow-Ruby van der Berg wat deel was van die groep het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.