Massaskietery in Tennessee

Minstens twee mense is dood en dertien gewond in ’n skietery by ‘n supermark in Collierville in die Amerikaanse deelstaat Tennessee. Die polisie sê die aanvaller het homself vermoedelik ná die aanval doodgeskiet. Minstens vier beseerdes is in ‘n kritieke toestand in ’n hospitaal opgeneem, terwyl vyf minder ernstig gewond is. Collierville se polisiehoof, Dale Lane, sê die winkel sal gesluit bly terwyl die polisie die voorval ondersoek.