Massagrafte in Libië ontdek

‘n VN-sending na Libië sê daar is “waarskynlike massagrafte” wat nog ondersoek moet word. Ongeveer 100 is reeds gevind. Die verslag wat vandeesweek by die VN se Menseregteraad ingedien sal word, beskryf hoe ‘n burgermag wat deur sewe broers bestuur word, honderde mense tussen 2016 en 2020 tereggestel en gevange geneem het, en soms in klein oond-agtige strukture genaamd, bekend as ‘The Boxes’ aangehou het, wat aan die brand gesteek is tydens ondervragings. Die bewyse van ontvoerings, moorde en marteling in Tarhouna, wat deur die onafhanklike feitesoektog ontbloot is, verteenwoordig een van die mees gruwelike voorbeelde van regtevergrype in die land sedert Muammar Ghaddafi se dood in 2011.