Massa-skietery by Walmart in Virginia

Verskeie mense is dood en ander is beseer in ‘n skietery by ‘n Walmart in Chesapeake, Virginia, in die VSA. Die polisie sê die skieter is op die toneel doodgeskiet. Owerhede sê minder as 10 mense is op die stadium dood maar getalle moet nog bevestig word. Dit is nie duidelik of die skieter, wat nie geïdentifiseer is nie, homself geskiet het of nie. Walmart het vroeg vanoggend in ‘n verklaring gesê hy is geskok oor die voorval by sy Chesapeake-winkel, en dat hy nou saam met wetstoepassing werk. Daar was tot dusver vanjaar meer as 600 massa skietvoorvalle in die VSA.