Massa-inentingsprogram teen pandemie in SA

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sal vandag haar Covid-19-inenting by die Randgate-kliniek in Randfontein kry. Dit is deel van die tweede fase van die massa-inentingsprogram wat tans in die land aan die gang is. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê Zulu wil die openbare gesondheidsvoordele van die inenting beklemtoon en mense se huiwering verlig.