Masisi wou veral kyk na vrugte, kleinvee en waterbenutting by Roots

Die besoek van die Botswana president Mokgweetsi Masisi aan die Roots eksperimentele plaas en landbou kollege by Stampriet was volgens berigte ‘n groot sukses. Die ontwikkeling kombineer intensiewe praktyke met beide lewendehawe en gewasse en toets ook die verbouing van nuwe gewasse vir Namibië. Daar is ook ‘n leefstyl- en aftree-kompleks. Een van die vennote Salomon Kalondo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hy sê Masisi wou veral kyk na hoe waterbronne benut kan word vir veral vrugte en kleinvee.