SA Produsente-boerregister vanmiddag bekend gestel

Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, sal vanmiddag die Produsente-boerregister by die Radisson Hotel en Konferensiesentrum in Johannesburg bekendstel. Die bekendstelling, wat ‘n versameling van geografiese data en demografie van plase en boere, produksie-bedrywighede en infrastruktuur is, speel ‘n belangrike rol in ekonomiese groei. Die departement sê betroubare data is benodig om te beplan vir die behoud van voedselsekerheid, om hongersnood uit te wis, die geografiese ligging van boere te ken en die uitwerking van departementele ingrypings te monitor.