Mashatile was nie in motor van BBP-aanranders
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile was nie in een van die twee motors van die agt lede van sy BBP-beskermings-eenheid wat na bewering verlede maand motoriste op die N1 naby Sandton in Johannesburg aangerand het nie. Dit is volgens die minster van polisie, Bheki Cele, wat voor die parlement se Polisiekomitee verskyn het oor die voorval. Die agt beamptes het sedertdien in die Randburg-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte wat aanranding met die doel om ernstig te beseer, insluit. Hulle is op borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand elk vrygelaat. Cele sê daar was sewe voertuie in die konvooi en net twee het gestop. Hy sê die adjunkpresident is eers later oor die voorval ingelig.