Mashatile moet waai, veral na mislukte behuisingsprojek

Die DA vra president Cyril Ramaphosa om adjunkpresident Paul Mashatile af te dank en die Spesiale Ondersoekeenheid opdrag te gee om ondersoek in te stel na die verdoemende bewerings teen hom. Tydens Mashatile se ampstermyn as Gautengse LUR vir Menslike Nedersettings, het sy departement 134 miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal aan ‘n onderneming van die ANC-skenker Edwin Sodi, vir ‘n behuisingsprojek in Diepsloot waar nie ‘n enkele huis gebou is nie. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê dit was net ‘n gedeelte van die altesaam 828 miljoen rand wat die departement aan Sodi betaal het.