Mashatile gee DA ‘n dwarsklap

Die tesourier-generaal van die ANC, Paul Mashatile, het die DA ‘n dwarsklap gegee, omdat hy inwoners van die Wes-Kaap in die steek gelaat het. Mashatile het by die bekendstelling van die ANC se provinsiale manifes gesê dis duidelik die DA volg die weg van ongelykheid en uitsluiting. Hy het bygevoeg die ANC is die enigste party wat beter diens in plaaslike regerings kan verseker.