Mashatile: Beurtkrag in opdrag van Eskom

Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile het die EFF se aansprake verwerp dat hierdie week se vermindering van beurtkrag die gevolg is van die nasionale stilstand. ʼn Lid van die ACDP, Steve Swart, het in die parlement daarop gewys daar was ʼn kleiner vraag na elektrisiteit die vorige week en tog het Eskom nie die beurtkrag opgeskort nie. Mashatile het in sy reaksie vir Swart daarop gewys dat beurtkrag slegs in opdrag van Eskom en die regering gebeur.