Mashatile: ANC moet vernuwe

Die ANC se Paul Mashatile, wat hoop om die party se adjunk-president te wees, sê lede moet die organisasie vernuwe om sy relevansie te herstel en om nader aan die mense te kom. Mashatile het die Anton Fransch-gedenklesing in Athlone, Kaapstad, gelewer. Hy sê vernuwing sal die ANC se vermoeëns en geloofwaardigheid ‘n hupstoot gee as ‘n doeltreffende krag vir transformasie en ‘n betroubare agent vir verandering.