Mashaba sê Cyril moet aanspreeklik wees vir Phala-Phala

ActionSA sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank het nie binne die wettige mandaat van 30 dae gereageer op sy aansoek om toegang tot die Phala Phala-verslag te kry nie. Die Reserwebank het president Cyril Ramaphosa van alle blaam onthef ná die ondersoek na die miljoene onverklaarde buitelandse valuta wat in 2020 op sy plaas in Limpopo gesteel is. Ramaphosa het volgens die bank se bevinding nie die valutabeheer-regulasies oortree nie. ActionSA se president, Herman Mashaba, sê Ramaphosa moet aanspreeklik gehou word.