Mark, onderhandeling moet lone bepaal, sê TLU

Die arbeidsmark moet toegelaat word om homself te reguleer sodat ‘n werkgewer ongeskoolde mense kan aanstel teen ‘n onderhandelde vergoeding wat plaaswerkers minstens die geleentheid sal bied om te presteer. Dit is die reaksie van die buurland se Transvaalse Landbou-unie op die onlangse aankondiging dat die minimum loon verhoog tot 23 Suid-Afrikaanse rand en 19 sent per uur. TLU se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê dit gaan nie oor bekostigbare lone nie, maar wat vir die boer bekostigbaar is. Hy glo boere se winsgewendheid moet nie in gedrang gebring word nie, want dit sal tot werkloosheid lei.