Marikana: Nog 320 familielede wil eise indien

Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling in Suid-Afrika sê hy het reeds meer as 330 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die gesinne en slagoffers van die Marikana-slagting betaal. Die regering het ‘n nuuskonferensie gehou om die land op hoogte te bring van die vordering wat gemaak is rakende sake wat verband hou met die tragedie, waarin die polisie in Noordwes elf jaar gelede 34 stakende mynwerkers van Lonmin doodgeskiet het. Die departement se prokureur-generaal, Fhedzisani Pandelani, sê ‘n verdere 320 familielede wil steeds eise indien: