Maree weer vandag in die hof

Die voormalige polisieman en vermeende pedofiel Johann Maree verskyn weer vandag in die hof. Hy is einde September borg geweier. Die 50-jarige Maree is verlede jaar in hegtenis geneem op 40 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op die donkerweb geplaas en verkoop. Skokkende en onthullende getuienis is tydens sy borgaansoek gelewer en verskeie ondersoekbeamptes, sowel as vermeende slagoffers het verskyn. Maree het in Junie verlede jaar in ‘n verklaring voor landdros Celma Amadhila gebieg en gesê hy het hulp nodig, maar het intussen ‘n ommekeer gemaak en gesê hy ontken al die klagte teen hom.