Maori All Blacks klop Ierland voor Saterdag se toets

Die Maori All Blacks het Ierland in Hamilton, Nieu-Seeland, geklop in die aanvangswedstryd van die Ierse toer. Die telling was 32-17, nadat die tuisspan met rustyd 32-10 voor was. Die Waikato-stadion was sopnat maar dit het nie die Maori’s gekeer om ‘n paar opwindende drieë te druk nie. Daar was ‘n paar onervare spelers in die Ierse span, met die meeste van hulle spanmaats wat in die eerste toets teen die All Blacks sal speel wat dinge op die pawiljoen dopgehou het. Die eerste toets word Saterdag op Edenpark in Auckland gespeel.