Mantashe sê Zuma skep ‘n uitdaging vir die ANC

Die ANC-voorsitter Gwede Mantashe sê die regering het ʼn uitdaging nadat oudpresident Jacob Zuma gekies het om weg te stap van die party en iets te lei wat hulle nie ken nie. Mantashe het gister tydens ʼn kerkdiens in Manyeveni in Mbombela gepraat. Hy het partylede aangeraai om nie bekommerd te wees nie omdat dit normaal is dat oudpresidente in Afrika rebelle-bewegings lei. Mantashe doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om kalm te bly en maan die land om vir die ANC te bid terwyl hy sy 112de bestaansjaar vier.