Mantashe lewe in ‘n droomland – ekonoom

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het gereageer op die minister van energie, Gwede Mantashe, wat sê Suid-Afrika moet dit oorweeg om ru-olie teen laer pryse van Rusland in te voer om die buurland se brandstofprysprobleme te help verlig. Mantashe sê die regering moet dié stap neem want daar is nie sanksies teen ru-olie nie. Hy sê die regering moet ook daaraan werk om ander bronne van energie te vind. Rusland staar olie-sanksies van die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk en Amerika in die gesig oor sy inval in Oekraïne. Ekonoom, Dawie Klopper, stem nie saam met Mantashe nie.