Mans wat die regte ding doen, die maand vereer

Internasionale Mannedag is ‘n wêreldwye vakansiedag wat jaarliks op 19 November gevier word om die kulturele, politieke en sosio-ekonomiese prestasies van mans te erken en te vier. Hierdie jaar is geen uitsondering nie en Namibië sal saam met die wêreld mans vier wat die regte ding doen. Charles Simakumba, die stigter van White Ribbon in Namibië gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die vieringe.