Israel sal nie saam met FBI werk in Shireen-ondersoek nie

Israel sê hy gaan nie saam met die FBI werk om die dood van die Palestyns-Amerikaanse joernalis, Shireen Abu Akleh deur die Israeliese weermag te ondersoek nie. Sy is in Mei in die kop geskiet terwyl sy ‘n klopjag in die besette Wesoewer gedek het. Die ministerie van verdediging sê Amerikaanse owerhede het ‘n fout begaan om ‘n ondersoek na haar dood te begin omdat die Israeliese weermag ‘n professionele, onafhanklike ondersoek uitgevoer en met die Amerikaanse regering gedeel het. Die FBI het nog nie op die aantygings, dat hy ‘n ondersoek van stapel gestuur het, gereageer nie en die enigste inligting is vervat in ‘n twiet deur die verdedigingsminister Benny Gantz.