Mango môre terug in die hof

Die Mango-lugredery is môre weer terug in die hof terwyl vakbonde voortgaan met hulle stryd om die maatskappy onder sakeredding te plaas. Die Hooggeregshof in Johannesburg sal môre aansoeke aanhoor van die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging, die metaalwerkersvakbond Numsa en die Mango-vlieëniersvereniging. Die vakbonde vrees reuse werksverliese as die lugredery weens sy voortslepende kontantvloei-probleme gelikwideer word.