Drie buitelanders in Nigerië met wildprodukte van N$780 miljoen vas

Nigeriese doeanebeamptes het drie buitelanders in hegtenis geneem en beslag gelê op ‘n rekord hoeveelheid ietermago-skubbe en -kloue en olifanttande ter waarde van by sowat 780 miljoen Namibiese dollar. Wetstoepassers soek nog na ‘n vierde verdagte wat hulle glo die baasbrein agter die operasie is. Die beslaglegging sluit in 17,14 kilogram ietermago-skubbe, 60 kilogram ietermago-kloue en 44 kilogram olifanttande. ‘n Woordvoerder sê hulle werk saam met Britse, Amerikaanse en Duitse amptenare en internasionale organisasies om sterker teen smokkeloperasies op te tree.