Mango-lugredery in vrywillige sakeredding geplaas

Die laekoste-lugredery Mango is in vrywillige sakeredding geplaas. Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het ‘n aansoek vanaf drie vakbonde om Mango in sakeredding te plaas van die hand gewys. Die hof het eerder ‘n aansoek van die lugredery self aanvaar om dit vrywillig te mag doen. Die Mango Vlieëniersvereniging, die National Union of Metal Workers of South Africa en die SA Kajuitbemannings Vereniging het ‘n dringende aansoek ingedien. Alle partye is beveel om hul eie koste te betaal.