Mango kan vir eers weer vlugte onderneem

Die Suid-Afrikaanse laekoste-lugredery Mango het bekendgemaak dat sy raad hom die groen lig gegee het om voort te gaan met vlugte.Die lugdiens het egter net tot Dinsdag die 11de toestemming gekry om te vlieg. Daar sal vroeg volgende week weer ‘n opdatering wees. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het verlede maand die lugdiens se vlugte opgeskort weens ‘n gebrek aan betalings aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Departement van Openbare Ondernemings vir dienste gelewer.