Mandla Mandela oor wyle FW de Klerk

Nelson Mandela se kleinseun, hoofman Mandla Mandela, sê die buurland se laaste apartheid-president FW de Klerk was ‘n steunpilaar vir sy familie. Hy is Donderdag oorlede na ‘n stryd teen kanker. Mandla Mandela sê die nasie het ‘n vader verloor wat die land met onderskeiding gedien het. Hy gee toe talle mense stem dalk nie saam met sy siening van De Klerk nie, maar hy sê hy het self die goeie verhouding van waardige respek gesien wat sy oupa met sy voorganger gehad het. Mandla Mandela het Suid-Afrikaners versoek om dieselfde te doen.