Manchester United se ondersteuners dié week getroef

Sokker: Dit was nie ʼn goeie week vir ondersteuners van Manchester United nie. Afrigter Erik ten Hag en die span het hulle eerste twee wedstryde in die Premierliga verloor en bevind hulle onderaan die punteleer. Toe kom daar gerugte oor Ronaldo wat moontlik verkoop kan word. Daarbenewens twiet Elon Musk ʼn grappie oor sy voorneme om die klub te koop. Nou kondig ʼn Britse miljardêr aan hy wil graag die klub koop. Man U speel boonop Maandagaand teen Liverpool.