Brittanje: Rusland het geen morele reg om G20-beraad by te woon

Die Britse ministerie van buitelandse sake het teen Rusland uitgevaar nadat dit aan die lig gekom het dat Russiese President Vladimir Putin die G2-beraad in November gaan bywoon. Die woordvoerder van die ministerie sê Rusland het geen morele reg om by die G20 te sit terwyl sy aggressie in die Oekraïne voortduur nie. Indonesië gaan die beraad aanbied en het bevestig dat Putin en die Chinese President Xi Jingping die beraad sal bywoon