Man vermoor blykbaar kollega, steek lyk aan die brand, vir selfoon

Die 40-jarige Sydney Skrywer het voor landdros Dawid Mukuyu in die Windhoek-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, roof en die skending van ‘n lyk. Skrywer word daarvan beskuldig dat hy sy kollega, die 46-jarige Julio Albertos, wat saam met hom by ‘n besigheid in Windhoek se suidelike nywerheidsgebied gewerk het, vermoor het. Hy het na bewering sy selfoon gesteel en ná die moord sy liggaam aan die brand gesteek. Albertos het op 31 Maart verdwyn en sy liggaam is later in ‘n sloot in die suidelike nywerheidsgebied gevind. Nampol het net na die voorval lede van die publiek gevra om die oorskot te identifiseer en enige vermiste persoon aan te meld. Daar is bevind hy is dood na hy in die bors gesteek is.