Man verloor arm in seekoei-aanval in Kavangorivier

‘n Man is deur ‘n seekoei in die Kavangorivier naby Nkurenkuru aangeval en het sy arm verloor toe hy die rivier vanaf Angola na Namibië wou oorsteek. Volgens die Namibiese polisie is die man vermoedelik ‘n Angolese burger wat deur sy vrou vergesel is om ‘n tafel te verkoop. Hy is in die Nkrurenkuru-hospitaal opgeneem.