Man vas vir N$6,8m se Mandrax

Die Namibiese polisie sê ‘n 35-jarige man sal na verwagting môre in die landdroshof op Karasburg verskyn na hy gearresteer is in besit van Mandrax-tablette ter waarde van 6,8 miljoen Namibiese dollar. Hoofinspekteur Douglas Hanse, die Karas-streek se koördineerder vir misdaad ondersoeke het aan nuusagentskappe gesê dat die man by die Ariamsvlei grenspos gevind amper 60 000 tablette wat in sy vragmotor versteek was. Die ondersoek duur voort.