Man vas vir luiperdvel

Die jongste misdaadverslag van die Namibiese polisie sê ‘n 41-jarige Namibiese man is by die Otjiwarongo padblokkade in hegtenis geneem vir die besit van ‘n luiperdvel met ’n beraamde waarde van 150 000 Namibiese doller. Hy het in ’n sogenaamde sewe-sitplek taxi gereis. Die motor is deursoek en die vel is so gevind. In Outjo is ‘n 29-jarige man in hegtenis geneem op ‘n klag van stropery. Die man is gevind met twee impalas wat hy geskiet het. Beide verdagtes sal vandag in die hof verskyn.