Man van Stinkwater skiet sy vrou en dogter dood, wond twee

‘n Man het volgens die Namibiese polisie sy vrou en dogter op die plaas Stinkwater naby Dordabis doodgeskiet en nog twee persone gewond. Die 56-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat hy sy vrou, ook 56, en 30-jarige dogter, doodgeskiet het. Willem Cloete is beseer nadat hy vier keer deur die verdagte geskiet is en die 32-jarige Silvia Kotze is in die bobeen gewond. Die verdagte het volgens Nampol ook verskeie skote op die polisie geskiet waartydens ‘n polisievoertuig se windskerm getref is. Die verdagte word van moord en poging tot moord aangekla.