Man-U loop geleentheid mis om 2de plek te behaal

Manchester United het sy kans verspeel om op te skuif na die tweede plek op die Premierliga-punteleer ná ‘n gelykop-wedstryd teen Crystal Palace op Selhurst Park. Bruno Fernandes se doel voor rustyd het United ‘n voorsprong gegee, maar Michael Olise se vryskop in ekstra tyd het die telling gelykop gemaak. Die gelykoptelling skuif United wel verby Newcastle na die derde plek, maar hulle is steeds agter hul teenstanders Manchester City, wat vanaand tuis teen Tottenham speel.