Man-U eindig onder aan die Premierliga

Die naweek het ‘n opwindende ronde Premierligawedstryde in Engeland opgelewer. Harry Kane het in die 96ste-minuut met die gelykmaker geslaag om vir Tottenham ‘n twee-elk uitslag te verseker in ‘n vurige Londense derbie teen Chelsea. Intussen het Erik ten Hag se swak afskop as die bestuurder van Manchester United in ‘n verleentheid ontaard toe die loesing van 4-0 teen Brentford die Rooi Duiwels onderaan die liga laat eindig het: