Man-U amptelik in die mark

Die Britse miljardêr, sir Jim Ratcliffe, sê sy maatskappy Ineos het ‘n amptelike bod ingedien om Manchester United te koop. Die Glazer-familie, United se huidige eienaars, het in November aangekondig hulle sal aanbiedinge vir die klub oorweeg ná 17 jaar van betogings deur ondersteuners en kwynende prestasie op die veld. Buiten Ratcliffe stel die Saoedi-Arabiese sportminister en die tegnologie-reus Apple volgens berigte ook belang om die klub te koop. United se waarde beloop na raming sowat 104,71 miljard Namibiese dollar.