Man sterf in ongeluk nadat hy glo moord pleeg

Die 29-jarige Eric Izaaks het nadat hy glo die 42-jarige Martin Romans Pfaller op die plaas Gobosoab vermoor het, met sy bakkie weggery en in ‘n ongeluk gesterf. Izaaks het glo beheer oor die voertuig in die Schlip-distrik in die Hardap-streek gebeur. Volgens die Namibiese polisie het Izaaks glo vir Phaller met ‘n houtpaal doodgeslaan en sy liggaam agt meter weggesleep waarna hy hom aan die brand gesteek. Pfaller se liggaam is deur familielede geïdentifiseer deur die armband wat hy gedra het. Izaaks het met die oorledene se geweer, kos, ‘n skootrekenaar en ander items in sy voertuig gevlug, maar ses kilometer verder die voertuig omgegooi.