Man met twee lewende ietermagôs vasgetrek
‘n Vermeende ietermagô-smokkelaar sal in die Okakarara-landdroshof in verband met die onwettige besit van beheerde wildprodukte verskyn. Die 49-jarige man is by Okamatapati in hegtenis geneem nadat hy na bewering twee lewende ietermagôs aan geheime polisiebeamptes probeer verkoop het. Die Namibiese polisie het ‘n intelligensie-gedrewe operasie op ‘n gedeelte van die pad tussen Okamatapati en Okondjatu in die Otjozondjupa-streek uitgevoer. Beslag is op die ietermagôs gelê en sal aan die omgewingsministerie oorhandig word vir versorging en verdere hantering.