Man in New York beswyk aan brandwonde

Die 30 jarige man wat homself aan die brand gesteek het buite die New Yorkse hofgebou waar Donald Trump se geskiedkundige verhoor plaasvind, het in die hospitaal aan sy brandwonde beswyk .Hy het volgens ooggetuies pamflette uit sy rugsak gehaal, dit in die lug gegooi en toe ‘n vloeistof oor homself gestort wat hy aan die brand gesteek het.  Die pamflette het geen verwysings na Trump gehad nie maar opskrifte wat lees  “bose miljardêrs”. Die New York-polisiedepartement sê die man, wat hulle geïdentifiseer het as Max Azzarello van St. Florida het verskeie kritiserende plasings op sy sosiale-media en gereeld uitgevaar teen kriptogeldeenhede en Amerikaanse politici.