Man gevonnis oor ‘koningin se kierie’

’n 26-jarige man wat ’n kierie probeer verkoop het wat hy beweer was deur wyle koningin Elizabeth II gebruik, is gevonnis vir die bedrog van eBay-kopers. Dru Marshall, van Hampshire in die suide van Engeland, het beweer hy was ‘n senior voetman by Windsor Castle en dat die opbrengs uit die verkoop van die “takbokhoring-wandelstok” na kankernavorsing sal gaan. Die veiling het 12 700 Namibiese dollar bereik voordat hy dit gekanselleer het nadat hy verneem het dat die polisie dit ondersoek. Hy is skuldig bevind aan bedrog deur valse voorstelling en is tot gemeenskapswerk van 12 maande gevonnis.