Bulle domineer Bristol in Kampioenebeker

Rugby: Die Bulle is met een voet in die ronde van 16 van die Kampioenebeker ná een van hulle grootste weg-oorwinnings in Europa, toe hulle Bristol 31-17 op Ashton Gate geklop het. Die oorwinning kon groter gewees het aangesien die Bulle twee keer in die eerste helfte besluit het om nie pale toe te mik nie. In Durban het die Haaie ‘n 38-7 bonuspunt oorwinning oor Oyonnax in die Uitdaagbeker behaal. Ox Nche en Makazole Mapimpi het beide gesorg vir twee van die Haaie se vier drieë, terwyl Oyonnax een drie gedruk het.