Man een jaar tjoekie toe ná hy model stoomlokomotiewe uit museum steel

Die streekhof in George het ‘n man tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis weens die oortreding van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne. Nzaweka Tawule is skuldig bevind nadat hy van die model stoomlokomotiewe in die Outeniqua-Vervoer Museum gesteel het. Die Valke se woordvoerder, Zinzi Hani, sê die 45-jarige man is positief verbind met die misdaad nadat dikwandige koperpype in sy besit gevind is. Tawule is aangekla van diefstal en kwaadwillige saakbeskadiging.