Man doodgeskiet tydens bure-rusie op Otji

Die Namibiese polisie sê ‘n bakleiery tussen bure op Otjiwarongo het gelei tot die skietdood van 29-jarige Petrus Shanyengange. Volgens die mag het drie mans met hulle bure baklei en die vrou van die 79-jarige moordverdagte het hom geskakel om die bure te kom bystaan. Hy het sy 9mm-pistool saam gebring. Volgens die mag het Shanyengange blykbaar op die verdagte met ‘n mes afgestorm. ‘n Waarskuwingskoot is afgevuur maar volgens die polisie het dit geen impak gehad nie wat toe veroorsaak dat die verdagte Shanyengange geskiet het. Hy is by die Otjiwarongo-staatshospitaal dood. ‘n Ondersoek is gelas.