Man dood vier kinders by Brasiliaanse kleuterskool met ‘n byl

Die Brasiliaanse deelstaat Santa Catarina het drie dae van rou afgekondig ná die moord op vier kinders tussen die ouderdomme van vyf en sewe. Volgens die polisie het ‘n 25-jarige man blykbaar oor die muur van die speelgrond by die Cantinho Bom Pastor-dagsorgsentrum gespring en die kinders met ‘n byl aangeval. Die verdagte het homself aan die polisie oorgegee. Die voorval volg net dae nadat ‘n tiener ‘n onderwyser doodgesteek en nog vier mense by ‘n skool in São Paulo beseer het.